Oekraïne se grootste energiemaatskappy vra lande om nie gas of olie by Rusland te koop

Oekraïne se grootste energiemaatskappy, Naftogaz, vra lande om op te hou om gas en olie van Rusland te koop. Die voorsitter, Yuriy Vitrenko, het gesê sanksies behoort energie regstreeks te teiken. Hy sê ten einde die oorlog te beëindig behoort Westerse sanksies die afhanklikheid van Russiese energie te staak. Vitrenko het Duitsland se besluit verwelkom om die Nord Stream 2-gasprojek te sluit wat ontwerp is om die hoeveelheid Russiese gas te verdubbel wat regstreeks na Duitsland vloei.