Oekraïne se ambassadeur hoop op positiewe uitslag in vredesberaad
Oekraïne se ambassadeur in Suid-Afrika, Liubov Abravitova, hoop die Oekraïnse vredesberaad in Switserland sal ‘n positiewe uitslag oplewer. Suid-Afrika is onder 90 lande en internasionale organisasies wat na verwagting die naweek die beraad gaan bywoon. Rusland het vroeër ‘n gebrek aan belangstelling getoon en dis onseker of die land sal deelneem. Abravitova beklemtoon die byeenkoms se belangrikheid vir internasionale bestendigheid en volhoubare ontwikkeling. Sy het bevestig die beraad wil ‘n plan beding om die oorlog te beëindig wat byna 28-maande gelede uitgebreek het.