Oekraïne ontken Rusland het 80% beheer oor Bakhmut

Oekraïne se weermag het bewerings deur Rusland verwerp dat hy nou in beheer is van meer as 80 persent van Bakhmut in die ooste van die land. Magte van Oekraïne is etlike maande al in Bakhmut ontplooi waar duisende soldate gesneuwel het in van die hewigste gevegte sedert Rusland se inval in die land. Die hoof van die Wagner-huursoldate-groep, Jefgeni Prigozin, het vandeesweek beweer dat sy magte in beheer is van die grootste deel van Bakhmut, insluitend die sakekern, fabrieke, pakhuise en munisipale geboue.