Oekraïne mag Amerikaanse wapens gebruik op Russiese teikens

Amerikaanse president Joe Biden het Oekraïne toestemming gegee om wapens wat deur Amerika verskaf word te gebruik om teikens in Rusland te tref, maar slegs naby die Kharkiv-streek. ‘n Beampte sê Amerikaanse wapens kan vir “teenvuurdoeleindes” gebruik om “terug te slaan op Russiese magte wat hulle tref of voorberei om hulle te tref”. Ten spyte van kommer dat so ‘n ontwikkeling die konflik verder kan eskaleer, vra verskeie Europese leiers ook dat beperkings op die gebruik van Westerse wapens verslap word. Oekraïense amptenare sê drie mense is oornag dood en 16 beseer in Russiese bombardering van ‘n woonstelgebou in Kharkiv.