Oekraïne maak amok in Koersk, 70 000 ontruim
Rusland se ministerie van Buitelandse Sake het gewaarsku sy weermag gaan sterk reageer op die Oekraïnse oorgrens-inval in die Koersk-streek. Die klopjag is die diepste in Rusland se grondgebied sedert die begin van die volskaalse inval in Oekraïne in Februarie 2022. Meer as 70 000 mense is uit die gebied ontruim. Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, sê sy land het die oorlog na die aggressor se gebied verskuif. Militêre kenners sê hierdie inval is waarskynlik bedoel om Russiese reserwes te onttrek aan die intense gevegte in Oekraïne se oostelike Donetsk-streek.