Oekraïne looi Rusland verder

Die Oekraïne het vir die eerste keer sedert die begin van die konflik Brits-vervaardigde Storm Shadow-missiele na Rusland afgevuur. Die besluit om die aanval goed te keur is geneem in reaksie op die ontplooiing van meer as 10 000 Noord-Koreaanse troepe op Rusland se grens met die Oekraïne. Video’s op sosiale media dui aan dat tot 12 missiele ‘n teiken getref het wat glo ‘n bevelhoofkwartier in die dorpie Maryno is. Westerse amptenare het aangedui dat hulle spesifiek die Noord-Koreaanse opbou in die Koersk-streek teiken, sowel as infrastruktuur wat gebruik kan word vir ‘n 50 000-sterk offensief teen ‘n Oekraïnse inval daar.