Oekraïne hou samesprekings met Pole oor graanverbod

Oekraïne beoog om voedsel- en graanvervoer via Pole te heropen as ‘n “eerste stap” om die invoerverbod te beëindig met samesprekings wat vandag in Warskou begin het. Pole en Hongarye het vroeër besluit het om die invoer van graan en ander voedsel uit Oekraïne te verbied om die plaaslike landbousektor te beskerm. Nadat Rusland se inval sommige Swartsee-hawens geblokkeer het, het groot hoeveelhede Oekraïnse graan, wat goedkoper is as dié wat in die Europese Unie geproduseer word, uiteindelik in Sentraal-Europese state gebly weens logistieke knelpunte wat pryse en verkope vir plaaslike boere getref het. Wallie Roux, ‘n plaaslike landboukundige verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat hierdie verbod beteken vir die Oekraïne en lande wat afhanklik is van sy graanvoorsiening.