Oekraïne gaan terugslaan

Oekraïne se hoof-generaal het na ‘n magdom hommeltuig-aanvalle in Kiëf daarop gesinspeel dat sy land se teen-offensief binnekort kan volg. Rusland het ‘n rekord-aantal van 54 sogenaamde kamikaze-hommeltuie op Oekraïnse teikens gelanseer, waarvan 52 oor die naweek afgeskiet is. ’n Man is dood toe ’n hommeltuig-wrak naby ’n vulstasie geval het. Die aanval volg nadat Moskou hierdie maand lugaanvalle op die hoofstad verskerp het. Hy het die Weste gewaarsku teen die eskalering van die konflik nadat Amerika ingestem het om F-16-vegvliegtuie te lewer.