Oekraïne beweer Putin het ‘n aanslag op sy lewe oorleef

Die Oekraïne beweer die Russiese President, Vladimir Putin, het ‘n aanslag op sy lewe oorleef. Die hoof van intelligensie van die Oekraïnse verdedigingsministerie, Kyrylo Budanov, het in ‘n onderhoud met die plaaslike koerant Pravda gesê die sluipmoordpoging was sowat ‘n maand nadat Rusland die Oekraïne einde Februarie binnegeval het. Hy sê die aanvallers was verteenwoordigers van die Kaukasus-gebied tussen die Kaspiese en die Swartsee. Budanov sê volgens internasionale media die inligting is nooit bekend gemaak nie, maar hy is seker van die feite.