‘Oefensessies in die begraafplaas laat ons lewendig voel’

Dinge gaan dalk sleg in Zimbabwe maar die begraafplase in Harare is duidelik veiliger as dié van Windhoek. Internasionale nuusagentskappe berig dat talle inwoners van die buurland se hoofstad oefengroepe in die Warren Hills-begraafplaas vroegoggend bywoon kom om fiks te word. Sommige inwoners staan reeds vier-uur op om dit op tyd te maak vir die verskeie opsies wat daar is, van aërobiese oefeninge, tot drafgroepies, met sessies wat meer as ‘n uur duur. Die mense sê dis stil en rustig daar, en daar is spasie. Harare het min openbare spasies waar mense bymekaar kan kom vir die doel. Daar is ook sommige mense wat later in die dag alleen gaan stap of draf en hulle meen die plek is baie veilig. Hulle sê dis so lekker om in die begraafplaas te oefen, hulle voel sommer lewendig.