Oefenmaats word sosiale media sensasie

Dié twee ongewone vriendinne het vroeg in Junie saam begin draf en het intussen sosiale media-gebruikers aan die gons met hulle drafsessies.

Maar hoe het die twee ontmoet… Maryke het verby die huis in Pretoria gedraf waar Nesta werk as huiswerker. Toe Maryke weer sien, draf Nesta langs haar. Nesta het toe gevra kan sy saam draf en dis waar die vriendskap begin het. Intussen maak mense wêreldwyd hul harte en beursies oop vir Nesta.