Odesa loop deur onder Russiese missiele
Oekraïnse amptenare sê die land se belangrike suidelike hawe van Odesa loop deur onder herhaalde missielaanvale, insluitend hipersoniese missiele. Die amptenare het verder gesê die liggame van 44 burgers is gevind in die puin van ‘n gebou wat weke gelede verwoes is. Die Oekraïnse weermag het vroeër gesê Russiese magte het sewe missiele uit die lug na Odesa afgevuur en ‘n winkelsentrum en ‘n pakhuis getref. Die herhaalde aanvalle op Odesa lê uitvoere van grane en sonneblomsaad lam.