Obenbare Beskermer moet ondersoek na Mashatile instel
Rise Mzansi sê die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, moet steeds ondersoek instel na ernstige bewerings dat adjunkpresident Paul Mashatile die etiese kode vir uitvoerende gesag oortree het. Dit ten spyte van Mashatile se ontkenning dat hy ‘n luukse lewe lei wat volgens berigte deur staatskapingsagente onderhou word. Rise Mzansi se woordvoerder, Tebogo Moalusi, sê indien die adjunkpresident werklik onskuldig is soos hy beweer, sal hy geen probleem hê om hom aan die komende ondersoek deur die Openbare Beskermer se kantoor te onderwerp nie: