Nzimande, Khosa moet bedank oor NSFAS – ATM

Die African Transformation Movement eis die onmiddellike bedanking van die Suid-Afrikaanse Hoër Onderwys-minister, Blade Nzimande, en die voorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, Ernest Khosa. Dit volg op ‘n verdoemende verslag en opnames deur die Organisasie teen Belastingmisbruik, wat bewerings bevat oor die wanbestuur van fondse en korrupsie. Die aantygings beweer Nzimande en Khosa het glo finansiële voordele ontvang van diensverskaffers wat betrokke is by tenders. Zama Ntshona van die party sê hulle moet aanspreeklikheid aanvaar vir diepgesetelde korrupsie.