Nzimande keur NSFAS se geskiktheidskriteria en verblyfwoorwaardes goed

Die buurland se hoër onderwys-minister, Blade Nzimande, het die voorgestelde Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se geskiktheidskriteria en voorwaardes vir finansiële hulp vir verblyf goedgekeur. Universiteitsbestuurde selfsorg- en privaat geakkrediteerde akkommodasie wat nie op die kampus is nie, sal beperk word tot 50 000 Suid-Afrikaanse rand in metrogebiede en 41 000 rand in alle ander gebiede per akademiese jaar. Die departement se woordvoerder, Veli Mbele, sê universiteitsbestuur en spyseniering word beperk tot 66 500 rand in metro’s en 57 500-rand in ander gebiede.