NY-burgemeester staar 5 klagtes in die gesig
Die burgemeester van New York, Eric Adams, staar vyf strafregtelike aanklagte in die gesig, insluitend bedrog, omkopery en die verkryging van onwettige buitelandse veldtogskenkings. In die klagstaat van 57 bladsye word beweer Adams het vir byna ‘n dekade onbehoorlike, waardevolle voordele versoek en aanvaar. Dit sluit in luukse internasionale reise van ryk buitelandse sakelui en ten minste een Turkse regering. Die aanklaer vir New York se Suidelike Distrik, Damian Williams sê daar was voorwaardes gekoppel aan die voordele wat Adams ontvang het: