Nxesi geloof vir hersiening van werkloosheidsfonds

Die Vereniging van Staatsamptenare in die buurland loof die minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, vir die instel van ‘n geregtelike hersiening van die Werkloosheidsversekeringsfonds se omstrede toekenning van 5 miljard Suid-Afrikaanse rand aan Thuja Capital. Dit volg ná bewerings dat die onderneming net op papier bestaan het toe die kontrak toegeken is. Die VSA vra die kontrak moet nietig verklaar word en dring aan op streng teen-korrupsiemaatreëls in die Staatsdiens. Woordvoerder Reuben Maleka vra die regering om streng maatreëls toe te pas om korrupsie en wanadministrasie uit te roei: