NWR sluit BoPlaas vir sekuriteits-opknappings

Namibia Wildlife Resorts het die tydelike sluiting van sy BoPlaas-kampeerterrein aangekondig. Dit volg na twee groepe toeriste, een plaaslik en die ander van Suid-Afrika beroof is. Die kampeerterrein is in die /Ai-/Ais Richtersveld Oorgrenspark en sal van vandag af gesluit wees. Volgens woordvoerder Nelson Ashipala is dit om beter sekuriteitsinfrastruktuur daar te stel. Alle gaste sal na die /Ai-/Ais-oord verskuif word. BoPlaas sal weer op 1 November oopmaak.