NWR sê sy oorde word opgeknap

Namibia Wildlife Resorts het kennis geneem van die klagtes op sosialemediaplatforms oor sommige van sy infrastruktuur en dienste, hoofsaaklik binne die Etosha Nasionale Park. NWR het bevestig kwessies oor infrastruktuur word aangespreek met hul opknappingsprojek wat onlangs aangekondig is. Die opgraderings wat in die meeste van hul oorde gedoen word, sal onder andere hul lodges tot moderne standaarde verhoog. NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala sê aan Kosmos 94.1 Nuus rakende die klagtes oor die kospryse, moet in inflasie in ag geneem word, asook dat sommige van hul oorde verafgeleë is.