NWR se nuwe Sesriem-pendeldiens kry swaar kritiek

Reaksie word ontvang op die nuus dat Namibia Wildlife Resorts nie meer sy pendeldiens vanaf die 2×4-area in Sossusvlei bedryf nie, maar vanaf die Sesriem-kampterrein. Dit kom na die omgewingministerie die kontrak vir ’n pendeldiens na Sossusvlei aan Grow Namibia toegeken het, nadat hy NWR gediskwalifiseer het omdat hul tender ná die sperdatum ingedien is. Reaksie is ontvang van plaaslike toergids, Joseph Kafunda, wat sê dat dit werkverliese sal veroorsaak. Hy verduidelik.