NWR sal omstrede Zambezi-waterfront bestuur

Die finansministerie sê Namibia Wildlife Resorts sal die Zambezi Waterfront Toerismepark bestuur. Die park is sedert 2016 ‘n wit olifant met wanadministrasie wat die projek gekniehalter het. Meer as 124 miljoen Namibiese dollar is op die projek bestee met nog miljoene op instandhouding. Op die oomblik word 25 hektaar se grond van die Katima Mulilo dorpsraad oorgedra na die park en wanneer dit voltooi is, sal die NWR die park oorneem. Die ombud het in Februarie vanjaar voorgestel dat die projek onmiddellik ontbind word en die bates oorgedra word na die Zambezi vakopleidingsentrum. Daar is geen aanduiding van hoeveel van die boumateriaal nog gebruik kan word nie en ook nie hoeveel instandhoudingswerk nodig is nie.