NWR kry kompetisie by Sossusvlei pendeldiens

Die toerisme-ministerie het ‘n nuwe pendeldiensverskaffer geïdentifiseer en aangestel vir vervoer na Sossusvlei vanaf die viertrek-area. Volgens ‘n kennisgewing wat met die personeel van Namibia Wildlife Resorts, oftewel NWR, gedeel is, word hulle aangemoedig om voort te gaan om pendeldienste aan te bied totdat ‘n amptelike kennisgewing om bedrywighede te staak aan hulle voorgelê word. NWR monitor die situasie en sal verdere leiding gee soos nodig. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n plaaslike toergids, Joseph Kafunda, gesels wat sê dat NWR mededinging in ‘n positiewe lig moet sien.