NWR het rekordverkope op Swart Vrydag 

Namibia Wildlife Resorts, NWR, het rekordverkope in sy Swart Vrydag se koopbewyse-promosie behaal nadat hulle al die toegekende bewyse binne die eerste agt uur van die eerste dag van verkope verkoop het. Koopbewyse was vanaf 25 November te koop en sou tot 1 Desember op die mark wees. NWR het as strategie om plaaslike en streeks-toerisme in die SAOG-streek te stimuleer, ‘n totaal van 7 500 koopbewyse aangebied. Al die koopbewyse is aanlyn via web-kaartjies uitverkoop. Kosmos 94.1 Nuus het met NWR se kommunikasiebestuurder, Nelson Ashipala, gepraat.