NVG misluk ooral, ook in ryk lande
Die Vryemarkstigting in Suid-Afrika sê geen Nasionale Gesondheidversekering-stelsel in die wêreld het nog ooit voldoen aan die beloftes nie. Johan Biermann van die stigting sê alle NGV-modelle, wat dié insluit in ryk lande soos Brittanje en Kanada, sukkel eindeloos met stygende koste. Begrotingsprobleme beperk die aantal jaarlikse prosedures, en tekorte aan dokters en verpleegkundiges is algemeen. Biermann sê die uitstaande kenmerke van die skemas is dat duisende pasiënte maandelank wag vir roetine-sorg, en selfs jarelank vir spesialis-mediese behandeling.