NVG-leierskap kry kritiek van Outa

Die Organisasie teen Belastingmisbruik kritiseer die Nasionale Vervolgingsgesag dat hy Suid-Afrikaners in die steek gelaat het nadat die korrupsiesaak teen die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, en 18 ander van die rol geskrap is in die Streekhof in Middelburg, Mpumalanga. Die saak gaan oor bewerings van kontrakte van miljarde rand vir werk by die Kusile-kragstasie wat na bewering maatskappye bevoordeel wat met Koko se vriende en familie verbind word. ʼn Woordvoerder van Outa, Stefanie Fick, is teleurgesteld en stel voor die hof doen ondersoek om vas te stel of daar ʼn onredelike vertraging was.