NVG lê beslag op eiendomme oor kragstasie-korrupsieFebruary 20, 2023
Die Pretoriase Batebeslagleggingseenheid onder die vaandel van die Nasionale Vervolgingsgesag, en die Spesiale Ondersoek-eenheid het nog ‘n bewaringsbevel verkry in verband met beweerde korrupsie by Eskom se Kusile-kragstasie in Mpumalanga. Die bevel, uitgereik deur die hooggeregshof in Pretoria, is toegestaan teen bates soos twee gedeeltes van ‘n plaas wat as ‘n gastehuis gebruik word, ‘n handelseiendom in Mbombela en ‘n huis op ‘n landgoed. Die NVG se woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê dit volg op bewerings van ernstige wan-administrasie en korrupsie.