NV weer op reses, begin weer 4 Februarie 2025

Die Nasionale Vergadering het aangekondig dat hulle weer met reses gaan nadat hulle op 28 Oktober van die reses teruggekeer het vir die middeltermynbegroting, wat uiteindelik vir twee dae uitgestel is. Die vorige reses het op 19 September begin om parlementariërs in staat te stel om aan verkiesingsveldtogte deel te neem. Die NV sal eers op 4 Februarie 2025 hervat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sakeus Kadhikwa, die senior skakelbeampte van die Nasionale Vergadering, wat verduidelik wat parlementslede gedurende die jaar gedoen het.