NV-lid van Swapo sê opposisiepartye blokkeer werkskepping

Tydens die parlementêre sitting vandag het lede van die huis die kwessie van jeugwerkloosheid aangespreek en die opposisie-LP’s het die Swapo-party-regering vir die krisis blameer. Swapo-party-LP, Veikko Nekundi, het opgestaan om sy party te verdedig en gesê die regering onder Swapo het baie gedoen om die kwessie aan te spreek. Nekundi het bygevoeg dat die meeste van die projekte wat daarop gerig is om werk vir die jeug te skep, deur die opposisiepartye geblokkeer word.