NV-lede vermy bate-verklarings
Bate-verklarings deur lede van die parlement bly ‘n uitdaging. Die sperdatum is vanaf April tot Augustus verskuif en volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het net 41 van 104 lede hul bates vir die 2022 en 2023 boekjare ingedien. Die sekretaris van die Nasionale Vergadering, Lydia Kandetu, sê alhoewel dit volgens wetgewing gedoen moet word, het haar kantoor geen mag om dit af te dwing nie. Van die lede verklaar dat hulle geen bates het nie wat sy meen ‘n poging is om die proses te ondermyn. Talle ministers, adjunkministers, lede van die opposisie en meer, het nog nie bate-verklarings ingedien nie. Arbeidsminister Utoni Nujoma is op rekord dat hy sekere bates nie verklaar het nie, insluitend eiendom in Japan, en dat hy die proses verafsku.