NV het min politieke wil om bateverklarings af te dwing nie

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ondersoek ingestel na die verklaring van bates deur parlementslede. Die instituut het bevind dat daar geen werklike belangstelling is deur die Nasionale Vergadering om lede te dwing om hul bates te verklaar nie. Die meerderheid het teen Januarie vanjaar nog nie hul verklarings, wat in Februarie 2021 ingedien mos wees, gedoen nie. Bradley Tjongarero, een van die navorsers, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.