NV gaan weer op reses, middeltermyn begroting uitgestel
Die Speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, het ‘n reses aangekondig om die komende verkiesings te akkommodeer. Dit sal parlementslede in staat stel om op hul verkiesingsveldtogte en ander verwante aktiwiteite te fokus. Die reses is vanaf môre tot 28 Oktober. Dit bring mee dat die ter tafel legging van die middeltermyn begroting, wat oorspronklik vir 24 Oktober geskeduleer is, uitgestel word. Katjavivi het meer.