NR-diefstal: Alles is by die boek gedoen

Die gesteelde fondse by die Nasionale Vergadering is steeds in die nuus. Die parlement word daarvan beskuldig dat hy die saak toesmeer. Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda, sê die instansie keur dus korrupsie goed. Maar, dit blyk asof alle prosedures gevolg is by die Nasionale Raad, soos die woordvoerder van die Nasionale Raad Immanuel Kooper verduidelik.