Nuwe waterpunte vir Kavango Wes
Die regering sal 27 nuwe boorgate boor in die Kavango Wes-streek om watervoorsiening te verbeter en mens-dier-konflik aan te spreek. Volgens wat berig word is daar toenemende konflik by waterpunte waar diere en mense bymekaar kom en daar is 20 mense vanjaar dood daaraan. Die streek sukkel veral met konflik by die Okavango-rivier met krokodille en seekoeie wat gereeld mense beseer. By ander waterpunte word olifante aangetref wat ook lei tot konflik.