Nuwe waarnemende uitvoerende hoof van CoW praat oor ouditverslag

Die Namibiese ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, het die afgelope tyd uitgevaar oor finansiële verslae van verskillende plaaslike owerhede wat nie in plek is nie. Hy was ook nie tevrede met Stad Windhoek s’n nie. Die nuwe waarnemende uitvoerende hoof van Stad Windhoek, Jennifer Comalie, het die media toegespreek oor die stad se finansiële ouditverslag van 2019/2020 wat voltooi is.