Nuwe vryhandelsooreenkoms tree vandag in werking

Die Drieledige Vryhandelsgebied-ooreenkoms tree vandag in werking. Dit verenig die Oos-Afrikaanse Gemeenskap, SAOG en die Gemeenskapsmark vir Oos- en Suider-Afrika in ‘n enkele mark.  Dit volg na die indiening van die bekragtigingsdokumente deur minstens 14 uit 29 lidstate, insluitende Angola, Botswana, Kenia en Suid-Afrika. Die ooreenkoms moet ekonomiese integrasie versnel, volhoubare ontwikkeling nastreef en armoede verlig, om by te dra tot die breër doelwitte van die Afrika-unie.