Nuwe visumvereistes spook by Toer- en Safarivereniging
Die Erongo-streek het in die eerste kwartaal ‘n styging van 60 persent in kamerbesettingsyfers in die gasvryheidsektor aangeteken. Die Erongo-streektoerismeforum, onder voorsitterskap van goewerneur Neville Andre, het statistieke op Swakopmund bekend gemaak. Dit dui op ‘n belowende herstel in die toerismebedryf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, wat sê dit is positief, maar hulle is effe bekommerd oor die nuwe visumvereistes wat volgende jaar in werking sal tree.