Nuwe toerusting sal druk op Kaapse hawe verminder
Transnet sê hy werk daaraan om Kaapstad-hawe se in- en uitvoere tydens die vrugteseisoen te verbeter. Die hawe sukkel met lang toue vragmotors en vaartuie wat weke lank moet wag om hul vrag af te laai. Die hawe hanteer elke seisoen van Desember tot April 80-persent van die sagtevrugte-uitvoere, asook meer as die helfte van Suid-Afrika se totale landbou-uitvoere. Transnet se bedryfshoof, Solly Letsoalo, sê nuwe toerusting wat opgestel word, sal druk op die hawe verminder.