Nuwe tegnologie beïnvloed die jeug finansieel

Digitale ontwrigtings verander daagliks hoe ons finansiële transaksies doen en vertroue in vandag se vinnig veranderende finansiële wêreld bou. Hierdie verskuiwing verander die terme van interaksie in die finansiëledienste-sektor radikaal. Die volgende generasie word groot te midde van hierdie digitale transformasie. Dit hou beide ‘n groot geleentheid en ‘n ernstige uitdaging in. Sanja van den Berg, groep-kliënte-bestuurder van Old Mutual Namibië, praat met Kosmos 94.1 Nuus oor hoe die nuwe tegnologie die jeug finansieel beïnvloed.