Nuwe Team Progress Namibia sal Ally Angula ondersteun
Nog ‘n nuwe politieke organisasie het die lig gesien. ‘n Voormalige leier in die Swapo Party Jeugliga sowel as die IPC, Sakaria Kandenge, het die stigting van Team Progress Namibia aangekondig. Kandenge het tweede geëindig in die IPC se presidensiële kandidatuurpeilings in 2022, maar het verlede jaar uit die party bedank. Volgens hom sal die organisasie aansluit by ‘n alliansie wat die onafhanklike presidensiële kandidaat Ally Angula ondersteun in die presidensiële verkiesing in November. Hy het hulle doelwitte en oogmerke gelys as die bevordering van vrye en regverdige politieke deelname, die beskerming van fundamentele regte en die versekering van goeie bestuur.