Nuwe streekskantoor versterk ACC se werksaamhede

Die Teenkorrupsie-kommissie spog met sy eerste ontwikkeling van 2023/2024, naamlik ‘n 1 miljoen Namibiese dollar-konstruksie van ‘n streekkantoor vir die Teenkorrupsie-kommissie in Oshakati, wat 0,33 persent van die kluster in die ontwikkelingsbegroting uitmaak. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se direkteur-generaal, Paulus Noa, gesels wat die belangrikheid van die vestiging van die kantoor uitlig, aangesien dit ‘n aantal streke in die Noorde sal bedien. Hy sê hulle wil eintlik ‘n tak in elke streek hê.