Nuwe sonkrag aanleg vir Maltahöhe

DanAon Energy het EnviroLeap-konsultante aangestel om ‘n omgewingsklaring-sertifikaat te bekom vir ‘n 40 megawatt sonkrag aanleg op 20 hektaar by Maltahöhe. Die maatskappy sê die klaring moet geld vir die konstruksie sowel as die bedryf van die aanleg. Infrastruktuur sowel as die heining is ook insgesluit. Dit is uiters goeie nuus vir die gebied. EnviroLeap sê belanghebbendes moet registreer teen 26 Julie.