Nuwe SME-herstelplan deur BoN geskep

Die Bank van Namibië het sy SME ekonomiese herstel-leningskema aangepas en weer bekend gestel. Die skema is oorspronklik tydens Covid van stapel gestuur maar, is nou verander vir die huidige uitdagings. In die nuwe skema, word daar melding gemaak van uitstaande belasting in samesprekings met NamRA. Die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab, het dit so verduidelik.