Nuwe Skotse leier ingehuldig

Die nuwe Skotse leier, Humza Yousaf, is in Edinburgh ingehuldig tydens ‘n seremonie wat ‘n vermenging was van die formele tradisie en sy Pakistanse herkoms. Yousaf is die eerste Moslem wat aan die hoof van ‘n demokratiese Westerse staat staan. Hy is in die amp verkies nadat die vorige Skotse eerste minister, Nicola Sturgeon onverwags in Februarie bedank het. Tydens sy inhuldiging het hy ‘n eed van getrouheid afgelê aan Koning Charles. Yousaf het vroeër gesê hy wil die monargie vervang met ‘n demokraties-verkose staatshoof as hy daarin kan slaag om Skotland se politieke eenheid van meer as drie eeue met Engeland te beëindig.