Nuwe Skotse eerste minister sal deursigtig verkies word

Die Skotse Nasionale Party sê wie ook al die party se nuwe leier word, sal dit wees as gevolg van ‘n vrye, regverdige en goed georganiseerde verkiesingsproses. Dit volg nadat ‘n kandidaat in die verkiesing om SNP-leier te word, Ash Regan, gesê het daar is ‘n botsing van belange oor die betrokkenheid van Nicola Sturgeon se man in die stryd om haar opvolger te kies. Hy sê hulle het gevra vir ‘n onafhanklike derdeparty-maatskappy om die verkiesing te bestuur asook ‘n neutrale waarnemer. Regan sê die proses moet deursigtig wees.