Nuwe seëlregte-bepalings ‘sal huiseienaarskap aanhelp’

Die firma Weder Kauta Hoveka het ‘n inligtingsessie oor die onlangs uitgevaardigde Wet op Oordrag en Seëlregte aangebied. Dit volg op die aankondiging deur finansminister Ipumbu Shiimi wat die amptelike inwerkingtreding van belangrike wysigings aan belastingwette bevestig het. Ingevolge die nuwe wet word natuurlike persone vrygestel van seëlregte op transportaktes vir eiendom van minder as 1,1 miljoen Namibiese dollar. Vir eiendomme wat hierdie waarde oorskry, geld seëlregte van 10 dollar per elke 1 000 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die eiendomsagent Hillie Valombolah gesels, wat deel was van die sessie.