Nuwe salmplaas op Lüderitz is blinkplan

‘n Openbare kennisgewing is deur Oshindjalala Fishing geadverteer vir ‘n klaringsertifikaat, vir ‘n voorgestelde Atlantiese salm akwakultuur visplaas aan die kus van Lüderitz. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence met kennis van landbou, oor die ontwikkeling gesels. Hei sê die blou ekonomie is onontgin omdat ons vis hoofsaaklik uitvoer. Hierdie inisiatief sal baie help om werk te skep, sê Hei.