Nuwe SA regering moet fokus op ekonomiese groei

Die Solidariteit Navorsingsinstituut vra die regering van nasionale eenheid om ekonomiese groei voorop te stel. ‘n Woordvoerder van Solidariteit, Connie Mulder, beklemtoon die behoefte aan ‘n koalisie om te goeder trou die lewens van alle Suid-Afrikaners te verbeter. Mulder het aan die SABC gesê die sukses van die koalisie sal bepaal word deur sy verbintenis om die mense tot diens te wees.