Nuwe SA regering lyk ekonomies goed vir Namibië

Die ANC en die DA het die ondertekening van ‘n raamwerk-ooreenkoms aangekondig om ‘n regering van nasionale eenheid te vorm wat ook die IVP sal insluit. Hierdie verwikkeling was tydens ‘n onderbreking in die eerste sitting van die Nasionale Vergadering in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum. Kenners meen die ooreenkoms sal beteken Cyril Ramaphosa word herkies as president van die land. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, gesels wat sê die markte en rand reageer positief. Dit sal ook positief wees vir die Namibiese dollar.