Nuwe SA kabinet ‘sal ekonomiese hervorming bepaal’

Everest Wealth sê die aanstelling van president Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet sal die regering van nasionale eenheid toets. Daar is groot afwagting oor of Ramaphosa dapper sal wees ter wille van ekonomiese hervorming met sleutel-aanstellings, veral in portefeuljes soos finansies. Terwyl daar verwag word die DA sal kabinetsposte kry, bly beleidsverskille tussen koalisievennote ‘n uitdaging. Die uitvoerende hoof van Everest Wealth, Thys van Zyl, sê die nuwe kabinet sal deurslaggewend wees teen ongelykheid, armoede en werkloosheid, en vir die herstel van beleggersvertroue.