Nuwe president van ANC-Jeugliga takel werkloosheid

Die nuutverkose president van die ANC-Jeugliga, Collen Malatji, sê jong Suid-Afrikaners word steeds uitgesluit van ekonomiese deelname. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat ná die afsluiting van hul nasionale verkiesings-konferensie waar hy onbestrede verkies is, met Phumzile Mgcina wat as sy adjunk sal dien. Malatji sê die nuwe leierskap se hoofdoelwit is om die kwessie van ekonomiese ongelykheid en as die jeugwerkloosheidskrisis aan te pak.